​SUIDER-AFRIKAANSE VERENIGING VIR NEERLANDISTIEK
Welkom by die SAVN
Die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN) is in 1991 gestig en ondersteun die beoefening, onderrig en bevordering van die Neerlandistiek – die Nederlandse taal, letterkunde en kultuur – in Suider-Afrika. Die SAVN werk nou met die Nederlandse Taalunie (NTU) saam en ontvang ook finansiële steun van hierdie liggaam.
​
Die hooffokus van die SAVN se aktiwiteite is op die universitêre Neerlandistiek gerig, en sluit die volgende in:
​
-
Befondsing van (ad hoc-) gasdosentskappe in Neerlandistiek aan Suider-Afrikaanse universiteite;
-
Die aanbied van ’n jaarlikse winterskool in Suid-Afrika vir Neerlandistiekstudente;
-
Die aanbied van ’n driejaarlikse internasionale Neerlandistiekkongres in Suider-Afrika;
-
Die organisering van 'n Neerlandistiekwisselleerstoel en 'n -dosentskap in samewerking met die Taalunie, die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek (IVN) en plaaslike universiteite;
-
Die publikasie van ’n geakkrediteerde vaktydskrif, die Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans (TNA);
-
Die bevordering van die Neerlandistiek onder die algemene publiek deur middel van aktiwiteite en optredes (deur skrywers, akademici en musikante) by boeke- en kunstefeeste; en
-
Skakel met (naas die NTU) die Kaapse Forum en die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek (NKN), die Koninklijke Nederlandse Ambassade, die Belgiese Ambassade, die IVN en die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) . Hierbenewens skakel die SAVN ook met verskeie organisasies in Nederland en Vlaandere.
Lees gerus die Desember 2024-uitgawe van die SAVN-nuusbrief en kyk na die res van hierdie webwerf om meer van ons werksaamhede te leer.