
Gasdosentskappe
Die SAVN/Universiteit Leiden-gasdosentskap
Die SAVN/Universiteit Leiden-gasdosentskap is n jaarlikse geleentheid vir Suid-Afrikaanse dosente om hulle internasionale profiel te verhoog en hul navorsingsnetwerke uit te brei.
Dosente van Suid-Afrika en Namibië het die geleentheid om ’n semester (12 weke) lank in Leiden vir voor- en nagraadse studente by die Leiden University Centre for Linguistics klas te gee. As alternatief kan twee dosente vir ses weke elk binne dieselfde semester klasgee. Die fokus van die gasdosentskap wissel om die beurt tussen letterkunde en taalkunde. In 2026 is die gasdosentskap op taalkunde-onderrig gemik.
Aansoeke vir die 2026-gasdosentskap word tot en met 9 Mei 2025 ingewag deur die SAVN. Klik op die knoppie vir verdere inligting of kontak Gonneke Groenen by gonneke.groenen@nwu.ac.za.
Aansoeke sluit
9 Mei 2025
Finansiële ondersteuning
Die gasdosentskap word ten dele deur die Universiteit Leiden befonds deur middel van ’n toelae van €5100 vir die volle drie maande ter dekking van verblyf en lewenskoste.
Reis- en ander onkostes word deur die aansoeker self befonds en die SAVN moedig aansoekers aan om hul eie universiteite en instansies soos die Fonds Neerlandistiek en die Stichting Neerlandia vir ondersteuning te nader.