​SUIDER-AFRIKAANSE VERENIGING VIR NEERLANDISTIEK
Gasdosentskap
Die SAVN/Universiteit Leiden-gasdosentskap
Die SAVN/Universiteit Leiden-gasdosentskap is n jaarlikse geleentheid vir Suid-Afrikaanse dosente om hulle internasionale profiel te verhoog en hul navorsingsnetwerke uit te brei.
​
Dosente van Suid-Afrika en Namibië het die geleentheid om ’n semester (12 weke) lank in Leiden vir voor- en nagraadse studente by die Leiden University Centre for Linguistics of die Leiden University Centre for the Arts in Society klas te gee. As alternatief kan twee dosente vir ses weke elk binne dieselfde semester klasgee.
Die fokus van die gasdosentskap wissel om die beurt tussen letterkunde en taalkunde. In ewe jare is die gasdosentskap op taalkunde-onderrig gemik en in onewe jare op letterkunde-onderrig.
​
Aansoeke vir die 2027-gasdosentskap in letterkundeonderrig word tot en met Dinsdag 31 Maart 2026 ingewag deur die SAVN. Klik op die knoppie vir verdere inligting of kontak Gonneke Groenen by gonneke.groenen@nwu.ac.za.
​
Aansoeke sluit
31 Maart 2026
Finansiële ondersteuning
Die gasdosentskap word ten dele deur die Universiteit Leiden befonds deur middel van ’n toelae van €5100 vir die volle drie maande ter dekking van verblyf en lewenskoste.
​
Reis- en ander onkostes word deur die aansoeker self befonds en die SAVN moedig aansoekers aan om hul eie universiteite en instansies soos die Fonds Neerlandistiek en die Stichting Neerlandia vir ondersteuning te nader.
​​