Ondersteuning vir studente
Beursgeleenthede vir studente
Die SAVN ken vanaf 2018 nie meer voor- of nagraadse studiebeurse toe nie. Dit is weens veranderinge in die befondsingstruktuur van die Nederlandse Taalunie. Ons wil u ook sterk aangemoedig om die volgende moontlikhede te ondersoek:
-
Daar is 'n kategorie vir M-beurse beskikbaar direk by die Taalunie: http://taalunieversum.org/inhoud/financieringsmogelijkheden/investeren-jonge-onderzoekers#onderzoeksbeurzen
-
Die Stigting Studiefonds vir Suid-Afrikaanse studente: http://www.studiefonds-za-studenten.nl/af/content/studie-nederland-vir-suid-afrikaanse-studente
-
Daar is nuwe Mullerbeurse beskikbaar by UP en UWK
-
Kyk gerus ook na die webblad van die Van Ewijck Stigting vir beursmoontlikhede: http://ewijckstigting.co.za/toekennings/#beurse-en-toekennings
Winterschool
Die Neerlandistiek Winterschool vir studente word in 2019 deur die Universiteit van Pretoria aangebied. Vir meer inligting, kontak vir Prof Nerina Bosman (Nerina.Bosman@up.ac.za)
Taalunie Zomercursus Nederlands
Daar is elke jaar geleentheid vir studente om in België 'n Zomercursus Nederlands by te woon vir drie weke. Vir meer inligting oor 2019 se kursus, besoek http://taalunieversum.org/inhoud/cursussen-voor-studenten/taalunie-zomercursus-nederlands.

Gent in die aand. Foto geneem deur Adri Breed.