top of page

Afrekeningsverslag en faktuur: Gasdosentskap

 

 

’n Afrekeningsverslag en faktuur moet so gou as moontlik na afloop van die lesingreeks aan die penningmeester van die SAVN voorgelê word. Die afrekeningsverslag moet die volgende bevat:

 

  • ʼn Kort aanduiding van die aard, inhoud en assesseringmetodes van die module / lesings wat aangebied is.

  • ʼn Kort evaluering van die module deur die studente in die kursus (hoogstens twee tot  drie paragrawe).

  • Die werklike getal studente wat die lesings bygewoon het.

  • Die waarde wat die gasdosent tot die vakgebied van die Nederlandistiek toegevoeg het.

 

Ons sal dit voorts waardeer indien u foto’s en inligting rakende die gasdosentskap aan Steward van Wyk (svanwyk@uwc.ac.za) of Adri Breed (Adri.Breed@nwu.ac.za) sal stuur vir plasing op die SAVN se webruimte.

 

 

Faktuur

Let asseblief op die volgende:

  • Geen eis sal uitbetaal word sonder die korrekte faktuur of 'n evaluerende verslag van die gasdosentskap nie.

  • Geen gasdosent mag self  ʼn eis indien nie. U kry die getekende en volledig ingevulde faktuur  by u gasdosent en stuur dit dan aan na die penningmeester.

  • Maak seker dat die bedrag wat geëis word 100% ooreenstem met die bedrag wat toegestaan is soos uiteengesit in die brief wat u gekry het.

  • Onthou om die 25% vir belasting af te trek.

Kliek hier om terug te gaan na die gasdosentblad.

bottom of page