top of page

Kortfilmkompetisie vir studente:
"Die skoonheid van
die Nederlandse taal"

kortfilm_1.png

Ons nooi alle huidige ingeskrewe voorgraadse en nagraadse studente

wat Nederlands bestudeer uit om in te skryf vir die kortfilmkompetisie.

Hierdie kompetisie vorm deel van die

8e editie van die Week van het Nederlands in Suid-Afrika, 1 tot 8 Oktober 2022.

Deelnemers stuur ’n kortfilmpie oor die onderwerp "Die skoonheid van die Nederlandse taal".

Individuele studente of klein groepies kan deelneem.

Studente kan vrye teuels gee aan hulle kreatiwiteit en die kompetisievraag

op enige manier beantwoord in ’n kort film; byvoorbeeld deur

musiek, kuns, animasie, poësie, PowerPoint-aanbiedings of hoe dan ook.

Die Nederlandse letterkunde mag vanselfsprekend ter sprake kom, maar ons wil geen literêre opstelle hê nie.

‘n Kundige paneel van drie lede sal die inskrywings beoordeel.

Prys

Die wenner(s) kan die volgende prys wen:

Ons gee 'n bydrae ter waarde van R50 000 tot 'n neerlandistiekreis na die Lae Lande

(bedrag per weninskrywing, nie per deelnemer nie).

Hoe skryf ek in?

Klik hier, of op die skakel onder aan die bladsy.

Sperdatum

26 September 2022 om 11:59 nm.

 

Riglyne

Lees die volgende reëls en riglyne baie noukeuring deur:

  1. Inskrywing is gratis.

  2. Slegs een kortfilm kan wen, en individuele inskrywings en groepinskrywings word saam beoordeel.

  3. Die kortfilmkompetisietema vir die 2022 is "Die skoonheid van die Nederlandse taal". Alle inskrywings moet by hierdie tema aansluit.

  4. Slegs studente (voorgraads of nagraads) wat by 'n Suid-Afrikaanse of Namibiese universiteit ingeskryf is, mag vir hierdie kortfilmkompetisie inskryf en mag aan die kortfilm werk. Geen professionele persone mag by die produksie betrokke wees nie.

  5. Slegs oorspronklike inskrywings word aanvaar. Met ander woorde, jy moet jou film spesiaal maak vir die 8e editie van die Week van het Nederlands.

  6. Inskrywings mag in Nederlands, Afrikaans of Engels wees. Inskrywings wat egter in keurige Nederlands aangebied word, sal ekstra meriete verdien. Keurige Nederlandse onderskrifte vir enige teks of klank in die inksrywing wat nie Nederlands is nie, sal ook ekstra meriete verdien. 

  7. Films mag nie korter as 1 minuut wees nie, maar mag ook nie 10 minute oorskry nie.

  8. Films moet in MP4-formaat op hierdie blad ingedien word.

  9. Maak seker dat alle inhoud in jou film (insluitend beeldmateriaal, musiek, beelde, rekwisiete, ensovoorts) jou eie is. As jou inhoud materiaal met kopiereg of handelsmerke bevat, moet jy kan aantoon dat jy skriftelike toestemming het en die toestemming ook aanheg. Inskrywings wat ongemagtigde inhoud bevat, sal gediskwalifiseer word.

  10. Maak seker dat jy die geskrewe toestemming het van alle persone wat jy verfilm en vertoon in jou kortfilm.

  11. Slegs een inskrywing kan wen. Dit is ook moontlik dat geen toekenning gemaak word nie, sou die beoordelaars besluit dat die inskrywings nie aan die vereistes voldoen nie of nie van goeie kwaliteit getuig nie.

  12. Die besluit van die beoordelaars is finaal.

  13. Elke film mag slegs een keer ingedien word. 'n Deelnemer kan veelvuldige inskrywings indien, solank elke inskrywing aansienlik verskil van enige ander inskrywing.

  14. Wenners sal tydens 'n aanlyn toekenningsgeleentheid by die 8e editie van die Week van het Nederlands aangekondig word.

  15. Vorige pryswenners mag nie aan die kompetiese deelneem nie.

kortfilm_2.png

Photos by Jeremy Bishop and Alice Donovan Rouse on Unsplash

Week van het Nederlands advertensie.jpg
bottom of page