top of page

19e Colloquium Neerlandicum

Die IVN se 19e colloquium neerlandicum word van die 17e tot die 21e Augustus 2015 in Leiden aangebied. Die tema is hierdie jaar “Hyperdiverse neerlandistiek.”

 

Verdere inligting is beskikbaar by http://www.ivnnl.com/colloquium-19/index.

 

Die IVN het vanjaar aangebied om 7 dosente uit Suid-Afrika te borg met 700 euro as vergoeding vir reiskoste. U kan aansoek doen om hierdie subsidie, mits u aan die volgende voorwaardes voldoen:

  • u bydrae vir die colloquium aanvaar is

  • u aan ’n Suid-Afrikaanse of Namibiese universiteit verbonde is

  • u nie oor u eie navorsingsfondse beskik nie

 

Aansoeke moet voor 15 April gestuur word na nerina.bosman@up.ac.za. CC asseblief ook vir svanwyk@uwc.ac.za.

’n Aansoek moet die volgende dokumentasie bevat:

  • bewys dat u nie u eie navorsingsfondse beskikbaar het nie (’n amptelike brief in hierdie verband sal voldoen)

  • bewys van aanvaarding van u voorstel

  • ’n vliegtuigkaartjiekwotasie

 

Neem asseblief kennis dat die subsidie nie aan meer as drie persone van een universiteit toegestaan kan word nie.

Die IVN nooi u graag uit om artikels (in Nederlands of Afrikaans) Internationale Neerlandistiek. Klik hier vir besonderhede.

TERUG NA ARGIEF

bottom of page