top of page

SAVN-ledevergadering en bestuursverkiesing 2017

Plek: Stonehenge

Datum: 29 Junie

Tyd: 16:15-17:30

KLIK HIER VIR AGENDA

LEES HIER VOORSTELLE VIR WYSIGINGS AAN STATUUT


Geagte SAVN-lede,

Ons driejaarlikse ledevergadering vind plaas op 29 Junie 2017, om 16:15-17:30. Die sakelys vir hierdie vergadering word binnekort aan almal gestuur en ook op die webwerf geplaas.

Een punt op die sakelys is die driejaarlikse bestuursverkiesing. Drie lede van die huidige bestuur, naamlik Terrence Carney, Tertius Kapp en Anthea van Jaarsveld is nie weer verkiesbaar nie. Die huidige voorsitter (Nerina Bosman) en ondervoorsitter (Steward van Wyk) is wel herkiesbaar.

Die voorsitter word apart deur die ledevergadering verkies, maar die ander portefeuljes word deur die nuutverkose bestuur toegedeel. Hiermee word nominasies vir nuwe bestuurslede asook vir die posisie van voorsitter gevra.

Vul asseblief die name van genomineerdes asook die gevraagde inligting op die aangehegte vorms in en stuur dit aan die sekretaresse, Anthea van Jaarsveld voor of op 27 Junie 2017.

Die huidige statuut van die SAVN maak nie voorsiening vir 'n volmagdokument nie, maar die SAVN bestuur het besluit om dit vanjaar te gebruik.

Indien u nie die ledevergadering kan bywoon nie,  mag u iemand aanwys wat volmag het om namens u te stem. Dit sal geld vir sowel die bestuursverkiesing  as ander sake.  Die volmagvorm is ook aangeheg.

Let wel: alle nominasie- en volmagvorms moet die sekretaresse bereik voor of op 27 Junie 2017.
 

Vriendelike groete,
Nerina Bosman

Voorsitter SAVN

Volmagvorm - <Volmagvorm.doc>
Nominasievorm - Voorsitter <Vorm Nominasie voorsitter SAVN.doc>
Nominasievorm - Bestuurslid <Vorm Nominasie bestuurslid SAVN.doc>

TERUG NA ARGIEF

bottom of page