SAVN-kongres 2020
5-9 Julie 2020, Windhoek
Kongresvenue:
Hotel Safari, Windhoek, Namibië.
GPS koördinate:
S22°35.940′
E017°04.972′
Besoek aan Namibië
-
'n Paspoort (wat nog geldig is vir ten minste 6 maande) is noodsaaklik vir internasionale besoekers (dus ook besoekers van Suid-Afrika en ander lande uit Afrika).
-
Besoekers van 'n aantal lande (o.a. Suid-Afrika, België, Nederland, Duitsland, die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk) hoef nie vooraf vir 'n visum aansoek te doen nie. Visums word op die lughawe of grenspos in Namibië uitgereik.
-
Stawende dokumente van kongresbywoning of toerismebesoeke kan tydens paspoortkontrole gevra word. Dit is dus nodig om hierdie dokumentasie byderhand te hê op die lughawe of grenspos.
Kongresverblyf:
Aangesien daar byna elke aand van die kongres sosiale aktiwiteite vir kongresbywoners georganiseer word, verkies ons dat alle kongresgangers by die kongresvenue (Hotel Safari/Safari Court Hotel) oornag.
Daar is egter 'n hele aantal ander verblyfopsies in die nabye omgewing (hoewel nie stapafstand) van die kongresvenue:
-
Arebbush Travel Lodge (2km vanaf kongresvenue)
-
Windhoek Country Club resort (4km vanaf kongresvenue)
-
Booking.com (verskeie verblyfopsies naby kongresvenue)
Let wel: Alle verblyfbesprekings moet egter deur kongresdeelnemers self gemaak word.
Vervoerreëlings:
Let wel: Kongresbywoners is verantwoordelik vir hulle eie vervoer.
-
Die internasionale lughawe in Windhoek is Hosea Kutako International Airport, ongeveer 50km vanaf die kongresvenue.
-
Vervoer vanaf die lughawe na die kongresvenue kan gereël word deur die hotel wanneer verblyf bespreek word.
-
Daar is ook 'n aantal taxidienste in die stad beskikbaar (inligting sal tydens die kongres beskikbaar gestel word, maar navrae rondom vervoerreëlings kan intussen gerig word aan nerina.bosman@up.ac.za).
-
Daar is 'n aantal huurmotoragentskappe in Nambië.
-
Meeste Namibiese huurmotoragentskappe vereis 'n internasionale bestuurslisensie.
-
Motors in Nambië ry, nes in Suid-Afrika, aan die linkerkant van die pad.
-
Die paaie in Namibië is meestal goed (spesifiek ook die pad tussen die lughawe en Windhoek), en is begaanbaar vir enige tipe voertuig (nie slegs vir 4x4's nie).
-
Kongresbeurse
-
Die SAVN stel vyf kongresbeurse beskikbaar wat die volledige onkoste (dus die vervoer-, verblyf en registrasie-uitgawe) van die kongresganger sal betaal. Voorwaardes vir hierdie beurstoekenning:
-
Die aansoeker moet (teen 17 Februarie 2019) 'n opsomming vir 'n kongresreferaat voorlê. Indien die referaatvoorlegging gekeur word, moet die voorlegging tydens die SAVN-kongres gelewer word.
-
Die aansoeker mag nie geaffilieer wees by enige instansie (byvoorbeeld 'n universiteit of akademiese organisasie) wat die aansoeker se verteenwoordiging by die kongres sou kon befonds nie.
-
Die aansoeker moet kan aantoon of motiveer dat hy/sy deurlopend by die Neerlandistiek betrokke is, en waarom dit voordelig is vir die SAVN indien hy/sy wel die kongres bywoon.
-
Dit staan die SAVN-bestuur vry om nie al vyf beurse toe te ken nie. Indien meer as vyf beursaansoeke ontvang word, sal die bestuur - op grond van die motivering wat ingedien word - besluit watter teenwoordigheid is tot die grootste voordeel van die Neerlandistiekgemeenskap in Suider-Afrika. Die besluit van die bestuur is finaal.
-
Aansoekers kan hier aansoek doen vir 'n kongresbeurs.
-
-
Suksesvolle aansoeke sal teen 3 Maart 2020 per e-pos verwittig word.